Agt van Volkies se top hokkiespelers het in hul Noordweskleure uitgeblink tydens die afgelope Noordwes Interprovinsiale toernooi wat in Julie plaasgevind het.
Hier is die Volkie-spelers wat gekies is:
- Zandrie Rohlandt (o18A meisies)
- Christiaan Verster (o.18A seuns)
- Maré Coetzee (o16A meisies)
- Kagiso Seokena o16A seuns)
- Suresh Adams (o16A seuns)
- Suné Coetzee (o16B meisies)
- Skalk Bezhuidenhout (o16B seuns)
- Omphile Tlotleng (o16B meisies).
Verder het Volkies se hokkiedirekteur, Jarryd Hammond, ook as hoofafrigter van die o18A en o16A hokkiespanne goeie werk tydens die toernooi verrig en die o16A dogters na ‘n silwermedalje in die o16B-afdeling geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



