SportSport

Potch bergfietsryers maak hul merk in NW skolereeks

Die Noordwes skolebergfietsreeks sien groot kompetsisie tussen die Potchefstroomse en Klerksdorpse skole

Laerskool Baillie Park en Potchefstroom Gimnasium se bergfietsspanne is albei in die top drie van hul onderskeie Noordwes-bergfietsligas vanjaar.

Baillies was tweede op die punteleer ná die derde byeenkoms wat Saterdag, 16 Augustus, by Hoërskool Wesvalia plaasgevind het. Gimmies is derde op die hoërskole-punteleer.

Lian Louw (voorloper in die u19 mans-afdeling) saam met sy spanmaat, Janco Stemmet, wat derde is.

Laerskool Saamtrek en Hoërskool Wesvalia is die voorlopers.

Op individuele vlak is daar ’n hele paar Potchefstromers wat vanjaar hul merk op hul bergfietse maak. Laerskool Mooirivier se sub-nipper (dogters 7 jaar), Lische du Plooy, is pure blits op haar bergfiets en is die voorloper in haar kategorie. By die dogters 8 jaar-kategorie is Baillies se Lia Cilliers die voorloper.

By die seuns-sub-nipper is NJ Olivier eerste vir Baillies. By die o14-sub-junior is die gerekende Henrey Jacobs van Baillie Park ook in goeie vorm, met ’n paar goeie oorwinnings agter die rug.

Ferdies se Ilné du Preez behaal gereed podiumplekke.

Zandri Janse van Rensburg (Baillie Park) en haar sussie, Grizelda, is ook in die top drie van hul o14-sub-junior-dogterskategorie.

By die hoërskole is Gimmies se Hanru Odendaal (seuns 14, sub-junior), Juwan Serfontein (o16-jeug, 15 jaar) en Alex Fourie (o16-jeug, 16 jaar) in die eerste plekke. By die o16-jeug (16 jaar)-kategorie is Philip Moodie en Dian Scholtz onderskeidelik tweede en derde.

Lian Louw van Volkies is eerste in die o19-junior-kategorie (17 jaar). Janco Stemmet (Volkies) is hier derde.

Ferdies se Ilné du Preez is derde in die vroue-o19-kategorie.

Volledige puntestand ná 16 Augustus se byeenkoms by Wesvalia

o8 Sub-Nippers Seuns 7 Jaar

  1. Ezra Horn – Laerskool Saamtrek
  2. Burger Steyn – Vryburg
  3. Nickert Olivier – Baillie Park

o8 Sub-Nippers Seuns 8 Jaar

  1. Henré Carelzen – Laerskool La Hoff
  2. Noah Jacob Lotter – Laerskool La Hoff
  3. Daan-Willem Steyn – Laerskool Rustenburg

o8 Sub-Nippers Dogters 7 Jaar

  1. Lische du Plooy – Mooirivier
  2. Thioné Malan – Laerskool Saamtrek
  3. Layla Hartman – Laerskool Saamtrek

o8 Sub-Nippers Dogters 8 Jaar

  1. Lia Cilliers – Baillie Park
  2. Kaylin Jacobs – Laerskool Saamtrek
  3. Almarie Gouws – Laerskool Saamtrek

o10-Nipper Seuns 9 Jaar

  1. NJ Olivier – Baillie Park
  2. Wilco Lubbe – Laerskool Wolmaranstad
  3. Elijah Horn – Laerskool Saamtrek

o10-Nipper Seuns 10 Jaar

  1. Juandre Fouché – Laerskool Wolmaranstad
  2. Righardt Henning – Laerskool Saamtrek
  3. Waldo Potgieter – Baillie Park

o10-Nipper Dogters 9 Jaar

  1. Leandi Carelzen – Laerskool Saamtrek
  2. Lisa Naudé – Meerhofskool
  3. Mienke Smith – Baillie Park

o10-Nipper Dogters 10 Jaar

  1. Alizabeth Theunissen – Laerskool Wolmaranstad
  2. Juanita Jansen van Vuuren – Laerskool La Hoff
  3. Anje Erasmus – Laerskool Wolmaranstad

o12-Sprog Seuns 11 Jaar

  1. Travis Levey – Laerskool Saamtrek
  2. Cezar Lubbe – Laerskool Wolmaranstad
  3. Zach Vlok – Baillie Park

o12-Sprog Seuns 12 Jaar

  1. Ruan Steyn – Vryburg
  2. Janco Serfontein – Mooirivier
  3. Marko van Aarde – Vryburg

o12-Sprog Dogters 11 Jaar

  1. Mianè Kruger – Laerskool Saamtrek
  2. Mihandi Smit – Home School
  3. Zanika Campbell – Laerskool Saamtrek

o12-Sprog Dogters 12 Jaar

  1. Rebecca Venter – Home School
  2. Shanè Francis – Vryburg
  3. Juke Retief – Home School

o14-Sub-Junior Seuns 13 Jaar

  1. Henrey Jacobs – Baillie Park
  2. Louwan Steyn – Laerskool La Hoff
  3. Caleb Romke de Jongh – Laerskool La Hoff

o14-Sub-Junior Seuns 14 Jaar

  1. Bernard van Rensburg – Vryburg

o14-Sub-Junior Dogters 13 Jaar

  1. Zandri Janse van Rensburg – Baillie Park
  2. Alyna Naudé – Meerhofskool
  3. Grizelda Janse van Rensburg – Baillie Park

o14-Sub-Junior Seuns 14 Jaar

  1. Hanru Odendaal – Potchefstroom Gimnasium
  2. Dylan Botes – Wagpos
  3. Matthew Smith – Wesvalia

o14-Sub-Junior Dogters 14 Jaar

  1. Liani Myburgh – Klerksdorp
  2. Shenique Pretorius – Vryburg
  3. Liane van der Walt – Klerksdorp

o16-Jeug Mans 15 Jaar

  1. Juwan Serfontein – Potchefstroom Gimnasium
  2. Iwan Ysel – Wagpos
  3. Johnian Priem – Wagpos

o16-Jeug Mans 16 Jaar

  1. Alex Fourie – Potchefstroom Gimnasium
  2. Philip Moodie – Potchefstroom Gimnasium
  3. Dian Scholtz – Potchefstroom Gimnasium

o16-Jeug Vroue 15 Jaar

  1. Lindy Naudé – Wagpos
  2. Enya Esterhuizen – Wesvalia
  3. Mieke Erasmus – Potchefstroom Gimnasium

o16-Jeug Vroue 16 Jaar

  1. Milan Janse van Rensburg – Wesvalia
  2. Luca Mayoss – Wesvalia
  3. Chara de Jongh – Klerksdorp

o19-Junior Mans 17 Jaar

  1. Lian Louw – Volkskool Potchefstroom
  2. Elardus Erasmus – Wesvalia
  3. Janco Stemmet – Volkskool Potchefstroom

o19-Junior Mans 18 Jaar

  1. Christopher Steenkamp – Wesvalia
  2. Piet Pretorius – Wagpos (gelyk tweede)
  3. George Basson – Wagpos (gelyk tweede)

o19-Junior Vroue 17 Jaar

  1. Eva Brace – Wesvalia
  2. Danelle Bierman – Wesvalia (gelyk tweede)
  3. Kate-Lynn Fourie – Klerksdorp (gelyk tweede)

o19-Junior Vroue 18 Jaar

  1. Abigail van Schalkwyk – Wagpos
  2. Mieke Janse van Rensburg – Wesvalia
  3. Ilné du Preez – Ferdinand Postma

Die finale uitslae van gister (22 Augustus) se byeenkoms in Rustenburg moet nog verkry word. Die plasings sal daan aangepas word indien daar enige veranderinge is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button