SportSport

Baillies se tennisdogters wen Multi-Oppervlak toernooi

Wat hierdie toernooi besonders maak, is die feit dat tennis op gewone harde, gras- en kleibane gespeel word.

Die top tennisspelers van laerskole regoor Suid-Afrika het van 26 tot 29 Augustus aan die NWU en Laerskool Mooirivier se Laerskole Multi-oppervlak-tennistoernooi deelgeneem, met Laerskool Baillie Park se o13-tennisdogters wat as die wenners weggestap het.

Dit is ’n besondere prestasie vir Baillies, wat hul talent op die tennisbane bewys het.

Die dogtersspan bestaan uit Adelay Botha (Graad 6), Dineke Janse van Rensburg (Graad 7), Mienke Els (Graad 6), Carlene Coetzee (Graad 6) en Fiané Wessels (Graad 6).

Mooirivier se o13A-seunspan het ook uitstekend gevaar en die derde plek in die seunskategorie behaal.

Laerskool Mooirivier se A-span vat die derde plek.

Wat hierdie toernooi besonders maak, is die feit dat tennis op gewone harde, gras- en kleibane gespeel word. Sodoende kry leerders van jongs af die geleentheid om op verskillende oppervlaktes te speel en hul vaardighede aan te pas.

Finale puntestand:

Seuns:

  1. Paarl Primêre Seunskool
  2. Umhlali Prep
  3. Laerskool Mooirivier A
  4. Grey College Primêr
  5. Universitas
  6. Laerskool Mooirivier B
  7. Laerskool Baillie Park

Dogters:

  1. Laerskool Baillie Park
  2. Oranje Meisies
  3. Opespan
  4. Laerskool La Hoff
  5. Laerskool Mooirivier A
  6. Umhlali Prep
  7. Laerskool Mooirivier B

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button