SportSport

Ferdies is in die kol by 2D-boogskietkompetisie

Die span het ’n indrukwekkende 1547 punte uit ‘n beskikbare 1800 aangeteken om algeheel derde te eindig.

Ferdies se boogskietspan het tydens die onlangse 2D-Dierekompetisie by Kraalhoek Archery uitstekend gevaar en ’n derde plek onder die hoërskoolspanne behaal.

Die span het ’n indrukwekkende 1547 punte uit ‘n beskikbare 1800 aangeteken.

Individueel het Elné Jacobs die tweede plek uit 28 hoërskooldogters behaal en agtste uit 113 skoleskuts geëindig.

Divan van der Walt het vierde uit 29 hoërskoolseuns en negende uit 113 skoleskuts geëindig, terwyl David Knoetze 13de uit 29 hoërskoolseuns en 27ste uit 113 skoleskuts was.

Knoetze het ook ’n besondere prestasie gelewer deur ’n perfekte 50/50 in een van sy skote aan te teken.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button