SportSport

Volkies se talentvolle hokkiespeler vir senior Noordwesspan gekies

Maré Coetzee is die jongste speler in die groep wat op 16-jarige ouderdom alreeds haar talente bewys.

Een van Volkies se top dogtershokkiespelers, Maré Coetzee, is vir die Noordwes Senior B-Damespan gekies wat tans by die Interprovisiale Toernooi (IPT) in Witbank vanaf 29 Augustus – 3 September deelneem.

Maré is die jongste speler in die groep wat op 16-jarige ouderdom alreeds haar talente bewys.

Noordwes se B-span het alreeds vir Mpumalanga (2-0) en KZN (5-0) geklop in hierdie toernooi.

“Maré, jy inspireer ons almal – jou harde werk en talent wys dat ouderdom geen beperking is nie. Ons staan agter jou elke tree van die pad,” noem Volkies op hul Facebookblad.

Maré Coetzee in aksie vanjaar vir Volkies. Foto: Wouter Pienaar

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button