SportSport

Gimmies kondig nuwe hokkiedirekteur aan

Jaryd Hammond, wat baie goeie werk by Volkies verrig het, skuif nou na Gimmies waar hy verder sy stempel gaan afdruk.

Jaryd Hammond, die voormalige hokkiedirekteur van Hoër Volkskool Potchefstroom, gaan nou 5 kilometer noord skuif as die nuwe hokkiedirekteur van Potchefstroom Gimnasium.

Hammond, wat sedert 2023 by Volkies in die pos diens gedoen het, sal nou die plek vul van Zandrie Reynders by Gimmies.

Beide Gimmies en Volkies het die nuus op hul sosiale media bladsye bevestig.

“Met meer as tien jaar ervaring, betrokkenheid by verskeie provinsiale spanne, asook sy rol op die Noordwes sekondêre skole-hokkiekomitee, bring Jaryd jare se kennis en ervaring na Gimmies,” noem Gimmies.

“Gimmies is al jare lank die voorste hokkieskool in Noordwes. Ek sien daarna uit om die program verder te ontwikkel en dit onder die beste in die land te vestig,” het Jaryd via Gimmies se Facebookblad genoem.

“Ons is hartseer om ons Hokkiedirekteur te groet. Jaryd Hammond, sedert 2023 het jy jou passie en harde werk gewy om talent te kweek en Volkie-hokkie sterker te maak. Dankie vir elke oomblik – ons wens jou en jou gesin net die beste toe op julle nuwe seisoen,” het Volkies op hul Facebookblad genoem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button