Laerskool Baillie Park se seunsbergfietsspan is as die algehele wenners van die Nasionale Skolebergfietskampioenskappe gekroon.
Baillies het hierdie fantastiese prestasie tydens ’n taai kompetisie tussen die land se topskole van 28 tot 29 September in Stellenbosch behaal.

NJ Olivier het ’n uitstekende tweede plek in die Nipper-seunsafdeling behaal, terwyl Henrey Jacobs derde in die Subjunior-seunsafdeling geëindig het.
In die Noordweskleure het NJ ook ’n tweede plek op die tweede dag van die kampioenskappe behaal. Henrey het een beter gevaar en goud in die Subjunior-kategorie verower.

Op die eerste dag het skole in skoolverband teen mekaar meegeding, voordat die deelnemers op die tweede dag in provinsiale spanne teen mekaar meegeding het.
“Ons is trots op julle harde werk en die manier waarop julle Baillies verteenwoordig het. Elke opdraande en elke eindstreep was die moeite werd. ’n Spesiale dankie aan Juf. Kristen van der Berg, ons afrigter wat ook as Noordwes-verteenwoordiger opgetree het,” het Laerskool Baillie Park op hul Facebook-blad genoem.
Van der Berg was vir jare bekend as ’n uitstekende bergfietsryer op skoolvlak vir Volkies. Sy is nou ’n onderwyser by Baillies en hou steeds aan om jong talent op te lei en na groot hoogtes te neem.
Uitslae
28 September 2026
Nipper-seuns
- NJ Olivier: 2de
- Waldo Potgieter: 19de
- Kaleb Odendaal: 31ste
Nipper-dogters
- Mieke Vlok: 14de
- Mienke Smith: 25ste
Sprog-seuns
- Jannes Brace: 24ste
- Zach Vlok: 40ste
Subjunior-seuns
- Henrey Jacobs: 3de
Subjunior-dogters
- Zandri Janse van Rensburg: 15de
- Grizelda Janse van Rensburg: 17de
29 September 2026
Nipper-seuns
- NJ Olivier: 2de
- Waldo Potgieter: 26ste
Nipper-dogters
- Mieke Vlok: 26ste
- Mienke Smith: 30ste
Sprog-seuns
- Jannes Brace: 20ste
- Zach Vlok: 50ste
Subjunior-seuns
- Henrey Jacobs: 1ste
Subjunior-dogters
- Zandri Janse van Rensburg: 15de
- Grizelda Janse van Rensburg: 18de



