Sport

Taai dag vir Tokkies teen Lahoff

Dit was 'n titaniese stryd in die eerste rondte van die Luiperds grootskole liga. 'n edstryd wat op die dag enige kant toe kon gegaan het. 

Tokkies se eersterugbyspan het gistermiddag, 23 April, teen Lahoff van Klerksdorp met 22-16 verloor.

Dit was ‘n titaniese stryd in die eerste rondte van die Luiperds grootskole liga. ‘n edstryd wat op die dag enige kant toe kon gegaan het.

Volgens André Ouwencamp, hoofafrigter van Lahoff, was dit een van die beste eerstespan wedstryde wat hy as afrigter ‘n lang tyd gesien het.

“Die veld was ‘n slagveld van aksie, met beide spanne wat elke geleentheid benut het, en hulle teenstaanders se foute uitgebyt het. Albei spanne was regtig aangeskakel vir die stryd, en het hulle harte uitgespeel,” het Ouwencamp na die wedstryd gesê.

Lahoff sal die selfvertroue uit so ‘n wen na hulle volgende wedstryd teen Saamtrek wil vat.

Volgens Hendri Labushagne, rugbyorganiseerder by Mooirivier, het Lahoff vir Tokkies van vroeg af onder druk gesit.

“Ons het nog ons ritme probeer vind toe sit hulle senter en agtsteman ons onder baie druk. Die outjies het nooit opgehou nie, hulle het aanhou veg, hulle het regtig Tokkie guts gewys. Dit was ‘n baie taai wedtryd gewees,” het Labushagne gesê.

Tokkies sal met ‘n paar nuwe planne moet kom wanneer hulle vir Baillies op 30 April aanvat.

Vir meer rugbynuus en bepalings besoek: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button