Local newsNewsNews

Kunsliefhebbers trek soos hul gunsteling kunswerke aan

Die opening van die jaarlikse Salon-kunsuitstalling het verlede week vir groot opwinding gesorg toe gaste soos figure uit hul gunsteling kunswerke opgedaag het.

Kunstenaars uit die omgewing stel jaarliks hul beste werke tydens dié uitstalling ten toon, wat die publiek die geleentheid bied om plaaslike talent te beleef en kwaliteit kunswerke teen billike pryse aan te koop.

Julie Newmann het aangetrek as die “Wounded Deer” van Frida Kahlo. Sy het ‘n prys gekry as een van die besgeklede gaste.

Vanjaar se opening het op Wêreldkunstedag (15 April) plaasgevind. Om dié dag te vier, het die organiseerders, die Potchefstroomse Kunsvereniging, gaste aangemoedig om volgens bekende kunsfigure aan te trek.

Oud en jonk het moeite gedoen met hul kostuums en selfs die openingspreker, prof. Johan Botha, het die gehoor beïndruk deur soos Vincent van Gogh te verskyn. In sy toespraak het hy die Nederlandse kunstenaar se invloed en bydrae tot die kunswêreld beklemtoon.

Venessa van der Westhuizen, Stephanie Kotze en Martie Bothma

Wêreldkunstedag word jaarliks op 15 April, die geboortedag van Leonardo da Vinci, gevier om die belangrike rol van kreatiwiteit, kuns en kulturele diversiteit wêreldwyd te beklemtoon.

Die Potchefstroomse Kunsvereniging nooi belangstellendes om by hul vereniging aan te sluit om op hoogte te bly van plaaslike en nasionale kunsgebeure. Hul vereniging is by SANAVA (South African National Association for the Visual Arts) geaffilieer.

Stephanie Kotze was as besgeklede gas aangewys as Johannes Vermeer se skildery, "Girl with a pearl earring".
Stephanie Kotze was as besgeklede gas aangewys as Johannes Vermeer se skildery, “Girl with a pearl earring”.

Die Salon-uitstalling word tans op die eerste vloer van die Snowflake Venue aangebied en is oop vir besoek van Maandag tot Saterdag tussen 09:00 en 19:00.

Die uitstalling duur tot 16 Mei. Die kunstenaars wat vanjaar deelneem, is Elise Erasmus, Elna Venter, Marna de Wet, Jean Lampen, Gerda Grové, Hannali du Plessis, Dina Grimbeek, Hennie Coetzee,  Jeannie Keyser, Lindi Cameron, Louisemarie Combrink, Maria de Vos, Christien Vorster, Chirstiaan Krüger, Sharleen Werkman, Thinus de Jager, Wanda Redelinghuys  en Willemé Wolhuter. Vir enige navrae, stuur ‘n epos aan Venessa by potchkuns@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button