EntertainmentLifestyleNews

Met dié ‘Bar’ se taxi is blaaspypies en blokkades geen probleem

Pasop Uber... hier kom die NUBER!

 

VAALPARK. – Pasop, Uber, hier is ‘n nuwe mededinger op die blok: die Nuber! Die nuwe taxi-diens verskil egter van ander deurdat dit slegs tussen The Bar With No Name en kuiergaste se huise gaan ry. Dis natuurlik die ideale oplossing wanneer jou broer of buurman langlip trek omdat hy as aangewese drywer droëbek moet sit om nugter te bly vir die rit huis toe!

Gert van Rensburg, eienaar van die gewilde “Bar”, is bekend vir sy kreatiewe en onkonvensionele planne en het besluit om dié spesiale taxi-diens kort voor die komende vakansiedae as ‘n eerste in die Vaal bekend te stel.

“Ons gee om vir ons gaste en wil alles in ons vermoë doen om hul veiligheid te verseker. Ons wil sien dat hulle in hierdie spesiale dae veilig by ons kuierplek en terug by die huis kom. Danksy die taxi-diens kan vriende nou lekkerder kuier sonder om te stres oor wie gaan bestuur, of hoe om by padblokkades en blaaspypies verby te kom,” sê Gert.

Teen slegs R100 sal die Nuber (‘n Toyota Quantum) groepe van tot 14 mense kan oplaai en na The Bar With No Name toe neem en weer gaan aflaai as hulle klaar gekuier het. Die diens word tans net in Vaalpark, Sasolburg en Vanderbijlpark aangebied. Gert het reeds ‘n paar gaste self gaan haal en teruggeneem as sy ander drywers te besig was, en lag lekker oor gaste se verbasing as “die Baas” hulle persoonlik kom oplaai. Hoewel hy die septer by die “Bar” en “Village With No Name” swaai, is geen taak benede hom nie. “Ek is soms drywer, waiter, en baas… en daarby is dit my voorreg om gaste hierheen te bring vir ‘n lekker kuier,” sê hy.

The Bar With No Name bied nou ‘n taxi-diens vir hul gaste aan – die eerste diens van dié aard in die Vaaldriehoek.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button