Local newsNews

Vereeniging-treinstasie se goeie ou dae is nou vergete

Eens op 'n tyd het Vereeniging jaar-na-jaar die prys vir die mooiste spoorwegstasie in die land gewen... maar vandag nie meer nie

Vereeniging se spoorwegstasie het ‘n lang en interessante geskiedenis wat al in die 1890’s begin het. Die stasie het sedert die dorp se begindae ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se spoorwegnetwerk uitgemaak omdat steenkool en ander produkte uit die Vaaldriehoek na Johannesburg en ander groot sentra in die land vervoer moes word.

In die beginjare was die treinstasie ‘n lewendige kuierplek vir die eerste inwoners, waar hulle die jongste nuus en skinderstories uit die stad kon verneem.
Van die Vaaldriehoek se ouer inwoners onthou nog die goeie ou dae toe hul ouers hulle in die 1960’s en 70’s oor naweke na die stasie geneem het om in die ou lokomotief, genommer “SAR Class 6B no 500” by die ingang te speel, terwyl hul ouers vir elkeen ‘n smullekker “stasiepaai en sous” in die skitterskoon stasierestaurant bestel het.

Die stasie in ongelukkig vandag ‘n verwaarloosde afskynsel van die eens spoggerige diensverskaffer wat jaar-na-jaar as die netjiesste stasie in die land aangewys is.

 

Die statige ou lokomotief, genommer “SAR Class 6B no 500” soos dit in die 1970s by die ingang van die stasie gepronk het.

 

 

Van die deftige ou lokomotief is daar vandag net ‘n geraamte van geroeste, verwaarloosde staal oor.

 

 

Werknemers van Vereeniging se stasie omstreeks 1920.

 

Vereeniging se stasiegebou in die laat 1800’s.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button