News

Wie kan gesin met begrafniskoste bystaan na tragedie?

Klein Dimarie sterf aan brandwonde in hospitaal

Hierdie is ongelooflike hartseer nuus. Die klein dogtertjie van 1 jaar oud is gisteraand in die Baragwanath-hospitaal oorlede nadat sy ernstige brandwonde oor haar hele lyfie opgedoen het. As daar mense in die Vaaldriehoek is wat dalk ‘n bydrae vir die begrafnis wil maak, kan ‘n EFT gedoen word in die bankrekening wat hier onder verskaf word. (Vaalweekblad)

Alice Viljoen skryf:

More mense. Ek kom vanoggend met ‘n swaar hart om hulp te vra vir my sussie se dogtertjie se begrafnis. Dimarie (1 jaar oud) is gisteraand in Baragwanath hospitaal oorlede weens ernstige brandwonde. Die begrafnis gaan behartig word deur Eli-Shammah begrafnis ondernemers in Ventersdorp – haar tuisdorp. Enige donasie sal waardeer word om die las van die gesin in hierdie moeilike omstandighede ligter maak. Die familie is nie op die stadium in die posisie om die begrafnis te befonds nie. Enige donasie sal help. Donasies kan inbetaal word in die volgende rek.
Eli-shammah
FNB 62011863380
Tjek rek
Verwysing: Baba Viljoen
Met groot waardering en dank
Gods rykste seën vir elkeen wat die boodskap lees.

Klein Dimarie, wat gisteraand aan haar brandwonde beswyk het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button