Local newsNews

Taaldag en geskiedenis by Jeugland-kluboggend herdenk

Toeka se geskiedenis word lewend gehou deur lede van die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk

 

Die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog (ABO) is Donderdag, 8 Augustus, weer lewend gemaak met ‘n interessante aanbieding deur lede van die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk. Die aanbieding het deel gevorm van Jeugland-Aftreeoord se kluboggend en was ook ter viering van Afrikaanse Taaldag op 14 Augustus. Lede van die Kultuurnetwerk het die ABO se aanloop en grusame gevolge belig, maar so ook die Vrede van Vereeniging en die hoop op ‘n beter toekoms. Gedigte oor daardie tydperk in die geskiedenis is ook deur lede van die Kultuurnetwerk voorgedra.

Hier onder is foto’s van die opvoerings by Jeugland se kuieroggend in die Buitepossaal op Vanderbijlpark. Alle seniorburgers wat Donderdae wil kom saamkuier, kan meer inligting kry by me. Kartinka Nel of me. Mignon Venter by (016) 933-3995

Foto’s: Chilli PicNic

Gedigte oor die oorlogtyd is deur lede van die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk voorgelees.
‘n Paar van die deelnemers aan die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk se aanbieding, wat verlede Donderdag by Jeugland-Aftreeoord se kluboggend gehou is.
Nog ‘n deelnemer aan die historiese terugblik wat deur die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk aangebied is.
Moeders se uitdagings om in konsentrasiekampe na hul kinders om te sien, is onder andere belig. Foto’s: Chilli PicNic

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button