Groot hartseer toe seuntjie tydens geboorte sterf
Die ouerpaar en grootouers is nog erg getraumatiseer na die tragiese gebeure.
‘n Vereenigingse paartjie is in rou nadat hul seuntjie verlede week tydens sy geboorte in tragiese omstandighede in ‘n plaaslike hospitaal gesterf het. Sy naam sou Karrero wees – ‘n mengsel van sy ouers se name, Kay-Lee en Ricardo.
Hoewel die jong ouerpaar reeds voor die geboorte geweet het dat hul babatjie nie normaal sou wees nie, is dit steeds ‘n baie traumatiese gebeurtenis vir hulle en vir die grootouers.
“Dit was alles so moeilik en onverwags. Ons was glad nie voorbereid hierop nie,” sê die oorlede seuntjie se ouma, mev. Lanie Vermeulen.
Die familie beplan om klein Karrero te laat veras, maar tans is daar eenvoudig nie die nodige fondse nie. Hulle word met groot empatie bygestaan deur Purple Rain Funerals, wat die liggaampie bewaar totdat genoeg geld ingesamel is vir die verassing.
Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak, kan ‘n inbetaling doen aan:
PURPLE RAIN FUNERALS
FNB BANK
ACC NR. 63127482783
BRANCH. THREE RIVERS
GOLD BUSINESS ACCOUNT
REFERENCE: KAY-LEE
Lees die volledige berig in Vaalweekblad van komende Vrydag, 21 Februarie.
