News
Die Vaal neem Maandag afskeid van geliefde regsman
Wyle Danie du Plessis se groetdiens word 3 Maart gehou
Die Vaaldriehoek het verlede week met skok kennis geneem van die onverwagse afsterwe van die bekende en geliefde prokureur, mnr. Danie du Plessis (75).
Hy was in sy jong dae ‘n uitblinker langafstandatleet en ‘n stigterslid van Vaal-atletiekklub. Hy het die afgelope 50 jaar ook ‘n naam as briljante en hoogs gerespekteerde regsman in die Vaaldriehoek en elders in die land opgebou.
Sy groetdiens word Maandag, 3 Maart om 11:00 by die NG Gemeente Vanderbijlpark-Suid gehou. (Lees die volledige berig in Vaalweekblad van 28 Februarie).
- Vaalweekblad se innige meegevoel aan sy vrou, Magda, kinders, skoonkinders, kleinkinders en ander familielede.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
