News

Kom rol ‘n bol en maak nuwe vriende!

As jy nog nooit rolbal gespeel het nie, sal die klublede jou leer om dié gesellige sport vinnig baas te raak.

VANDERBIJLPARK. – Moeg gesit voor die TV? Kom speel eerder rolbal! Jonk en oud is welkom om deel van die Iscor-rolbalklub te word.

Die klubhuis is oorkant die Laerskool Hendrik van der Bijl in CW5.
Kom maak gerus ‘n draai op Dinsdae en Saterdae om 13:30, en Vrydae om 16:30, dan word daar gebraai en gekuier (en soms selfs gedans!). Daar is ‘n gesellige kuierkroegie in die pragtige lokaal. Die spelers kuier lekker saam en speel gewoonlik ‘n tweede rondte onder die spreiligte in die koel aandlug.

Die klub het gratis rolballe beskikbaar vir nuwelinge wat dié gesellige sport wil kom beproef. Indien jy nog nooit gespeel het nie, sal hulle jou leer! Kleredrag is tekkies, ‘n sonhoed en enige klere waarin jy gemaklik voel. Die besoekersfooi is R20 per persoon. Kontak Kobus by 084 606 4464 vir meer inligting.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button