News

Kom luister saam na Victorius Vocal Group se albumvrystelling

Liefhebbers van sielvolle Gospel-musiek is welkom om hul albumvrystelling op 29 Maart om 17:00 by Makhaira Gemeente in Vereeniging by te woon.

 

Vir die ses sangers van Victorius Vocal Group (VVG) is ‘n lankgekoesterde droom bewaarheid: Hul professionele opname is voltooi en word binnekort amptelik vrygestel.
VVG is ‘n geesdriftige en toegewyde “Southern Gospel” sanggroep, gevestig in die Noord-Vrystaat (Vaalpark en Sasolburg).

Buiten dat die ses lede almal ‘n merkwaardige musiektalent het, deel hulle ook ‘n passie om die Evangelie deur Woord en sang te verkondig.
Hul repertoir sluit ‘n groot verskeidenheid Afrikaanse en Engelse geestelike liedere in, sowel as lofprysing en aanbidding, wat nou ‘n byvoeging tot hul bediening is.

Liefhebbers van sielvolle Gospel-musiek is hartlik welkom om hul albumvrystelling op 29 Maart om 17:00 by die Volle Evangelie Kerk (Makhaira Gemeente) in Houtkopweg 70, Duncanville, Vereeniging, by te woon. Almal is welkom om agterna saam te kuier en versnaperinge te geniet. Toegang is gratis.

Die sanggroep is betrokke by verskeie bedieningsvelde soos eredienste, seniorburger-byeenkomste, manne- en vrouekampe, vrouetees, kampvuur- en gemeentebraais, jaarafsluitings en enige ander geestelike byeenkomte.
Belangstellendes of organisasies wat van VVG se bediening gebruik wil maak, kan ‘n WhatsApp stuur aan Jack (082 817 5776), Pieter (082 857 0831) of Jacques (083 626 7618) vir meer besonderhede.

Die lede van die Victorius Vocal Group is Riaan Schutte, Stoffel Cilliers, Chris Niemand, Pieter van der Walt, Jacques van der Merwe en Jack Bezuidenhout.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button