News
Skrywer, avonturier en filosoof besoek Vandebijlpark Leeskring
Daka kan nie in een genre vasgevang word nie, net soos wat die skrywer daarvan nie in 'n paar sinne vasgevang kan word nie. Beste is om self te hoor as hy die sluier lig en nou is jou kans.
VANDERBIJLPARK – Vanderbijlpark Leeskring nooi almal uit na ʼn spesiale oggend saam met die leier van Echo Jeugontwikkeling en skrywer, Jaco Strydom.
Jaco is die skrywer van vele rubrieke en boeke, maar kom spesifiek sy enigste fiksie boek, Daka bespreek.

Lynette Cilliers sê nie-lede is welkom om die geleentheid by te woon. Dit vind plaas op Donderdag, 23 Oktober om 10:00 by die NG Kerk Driehoek in Macowenstraat. Kostes beloop R40 pp en sluit ligte eetgoed in.
Bespreek voor 19 Oktober by Lynette. Haar nommer is 082 593 5964.
Vir meer inligting oor die skrywer, klik hier.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
