News

Brandvoorval: Moordbeskuldigde steeds in hospitaal

Hy word behandel vir brandwonde wat hy tydens die voorval opgedoen het.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad verskyn. Kry ons koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

VEREENIGING – ‘n Man wat aangekla word van moord nadat hy glo petrol op sy saamleefmaat uitgegiet het en haar aan die brand gesteek het, sterk steeds in die Sebokeng-hospitaal aan.

Stefan van Staden moes Dinsdag in die streekhof in Vereeniging verskyn het vir die moord op Linell du Toit (42) wat op 3 November in die Sebokeng-hospitaal aan haar brandwonde beswyk het. Hy kon egter nie die hofverrigtinge bywoon nie.

Van Staden se regsverteenwoordiger het laat weet dat die beskuldigde steeds in die Sebokeng-hospitaal behandel word.

Stefan van Staden is steeds in die hospitaal en word vir brandwonde behandel.

Vaalweekblad verneem hy het brandwonde aan sy arms opgedoen tydens die voorval.

Streeklanddros Retha Willemse het die saak tot 20 November uitgestel, wanneer Van Staden moontlik weer op die been sal wees en waarskynlik ‘n borgaansoek sal bring.

Dit was nie ‘n ongeluk nie,” het sy gesê terwyl sy gelê en ruk het van die pyn en skok.

Die voorval het Saterdag, 26 Oktober omstreeks 17:30 by ‘n woonstel in Uniestraat in die middestad afgespeel, waar Linell en Van Staden ‘n woonstel gedeel het.

Lees die oorspronklike berig hier.

In videomateriaal van die voorval kan mens sien hoe ‘n vuur by die woonstel uitbreek en hoe ‘n inwoner van die woonstelgebou dan die vlamme blus.

Linell het derde- tot vierdegraadse brandwonde oor 80% van haar liggaam opgedoen en was vir ‘n week lank in die Sebokeng-hospitaal. Sy het aan haar beserings beswyk.

In ‘n opspraakwekkende video wat voor haar dood opgeneem is, en wat wyd op sosiale media gedeel is, vertel sy hoe Van Staden haar met petrol gegooi en aan die brand gesteek het.

Linell du Toit (42) voor sy deur die vlamme vermink is.

Sy sê ook dat hy vir haar gesê het om te sê dat dit ‘n ongeluk was.

“Dit was nie ‘n ongeluk nie,” het sy gesê terwyl sy gelê en ruk het van die pyn en skok.

Verskeie lede van die gemeenskap en inwoners van die woonstelblok waar die beskuldigde en oorledene gebly het, was Donderdag by die hof vir Van Staden se verskyning, maar sal moet wag tot later vandeesmaand.

Linell du Toit in die Sebokeng-hospitaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button