Bash-broers ryg 100-talle in
VANDERBIJLPARK. – Om ‘n honderdtal aan te teken, is ‘n spesiale ervaring wat nie vir alle kolwers beskore is nie. Maar om op dieselfde dag as jou broer ‘n honderdtal by ‘n streekstoernooi aan te teken is waarskynlik net so raar as om die Yeti en die eenhoring op een dag te sien. Arrie en …
VANDERBIJLPARK. – Om ‘n honderdtal aan te teken, is ‘n spesiale ervaring wat nie vir alle kolwers beskore is nie.
Maar om op dieselfde dag as jou broer ‘n honderdtal by ‘n streekstoernooi aan te teken is waarskynlik net so raar as om die Yeti en die eenhoring op een dag te sien.
Arrie en Reinard Verster, twee bedrewe krieketspelers van die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark, het verlede naweek in Johannesburg-Suid enkele minute na mekaar 100-talle onderskeidelik vir Suid-Gauteng se o.13 -en o.11-span aangeteken.
Ouboet Arrie was Saterdag by St Stithians eerste aan die beurt en het sy tweede opeenvolgende honderdtal vir sy span aangeteken.
Minute later het sy kleinboet Reinard dieselfde mylpaal by Jeppe High School behaal.
“Ek dink hierdie wys dat die Vaal se junior krieketspelers beslis met die groter spanne van die Rand kan kers vashou,” het hul trotse pa, André Verster, gesê.

