SportSportSportSport

Gholf-glorie wink vir Wihandré

VANDERBIJLPARK. – Wat vernuf en talent betref is dit net ‘n kwessie van tyd voordat die 15-jarige gholfguru Wihandré Kruger ‘n groot deurbraak op internasionale vlak maak. Die jong Valie het onlangs in Amerika in Florida sesde tydens die Optimist Junior Wêreld Toernooi geeindig, maar hy kon net sowel die toernooi gewen het. Hy het …

VANDERBIJLPARK. – Wat vernuf en talent betref is dit net ‘n kwessie van tyd voordat die 15-jarige gholfguru Wihandré Kruger ‘n groot deurbraak op internasionale vlak maak.

Daar word ‘n blink toekoms in gholf vir die 15-jarige Wihandré Kruger voorspel.

Die jong Valie het onlangs in Amerika in Florida sesde tydens die Optimist Junior Wêreld Toernooi geeindig, maar hy kon net sowel die toernooi gewen het.

Hy het in die finale rondte 74 houe gespeel – twee meer as baansyfer – om die beste rondte van die dag aan te teken.  Spelers van regoor die wêreld het aan die gesogte toernooi deelgeneem. Hy was die enigste Suid-Afrikaner wat daar stokke geswaai het.

Sedert 1978 het bekende spelers soos Phil Mickelson, Ernie Els, Jason Day, Jeff Overton, Billy Horschel, Tiger Woods, Lexi Thompson, Brittany Lincicome, Michelle McGann en Nancy Lopez om net ‘n paar name te noem hulle tande by Optimist-geborgde gholftoernooie gesny.

Wihandré is tans besig om sy voorbereiding aan die Suidkus van KwaZulu-Natal op die gesogte Selborne Gholf Landgoed af te sluit vir die die nasionale seuns toernooi (National Order of Merit) vir o.19’s wat more en oormore (5 en 6 Januarie) plaasvind.

Die Vaaldriehoek wens hom alle sterkte toe!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button