GalleriesSchools galleriesSports galleries

BHS ware wenners

Barberton Hoërskool se wintersport het Saterdag op tuisveld teen Sybrand van Niekerk van Sabie plaasgevind en het uitmuntende rugby; hokkie en netbal opgelewer. Afrigters van die o/14 rugbyspan, Charlie Jackson en Gerrit van Zyl, kan met reg trots wees op hierdie span. Hulle het Sybrand van Niekerk met 42-0 gewen en spelers van die wedstryd was Martinus Venter en Jeandre Jooste. Die groot wedstryd van die dag, was die van die Total Signs eerste span en hulle het nie teleurgestel nie. Met hul oorwinning van 41-19 kwalifiseer hulle om aan die Beeld trofee vir medium skole deel te neem. Spelers van die wedstryd was Zweli Silaule en Beki Shongwe en hul afrigters Chris Engelbrecht en Jaun Pieterse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button