GalleriesVideos

Hewige debat oor Afrikaans op Dagbreek-ontbytprogram

'n Vurige gesprek het dié week in die Dagbreek-ateljee afgespeel oor die implikasies van 'n meertalige land.

‘n Vurige gesprek oor meertaligheid in Suid-Afrika, en spesifiek die rol van Afrikaans as moedertaal, in die besigheidswêreld en as onderrigtaal het Woensdagoggend in Afrikaanse kanaal KykNET se ateljee afgespeel.

Dagbreek-aanbieder Elma Smit.

Dagbreek-aanbieder Elma Smit.

Gaste op die Diskoers-segment, wat so skuins voor 07:00 uitgesaai word, het ingesluit Prof. Susan Coetzee-van Rooy, Prof. Koos Malan en Deon Maas. Malan en Maas het duidelik nie dieselfde sieninge oor Afrikaans nie en het Malan op ‘n stadium so ver gegaan as om vir Maas stil te maak, waarop Maas reageer het dat hy nie een van Malan se studente is nie.

Kyk die video-uittreksel hier:

Dagbreek skryf onder aan die video op Youtube: “Daar word al vir twintig jaar geredeneer en besin oor taal in Suid-Afrika, en meesal klink meertaligheid na die vriendelikste opsie, maar die vraag ontstaan oor die praktiese implikasie van ‘n meertalige land. Ons paneellede is Prof. Susan Coetzee-van Rooy, Prof. Koos Malan en Deon Maas.”

 

Lewer kommentaar of deel jou opinie oor die plek van Afrikaans in vandag se samelewing onder aan dié blad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button