GalleriesVideos

Video: Muskiet gesels met gesoute rockers Van Coke Kartel

Muskiet het met die reuse van Afrikaanse Rock gesels oor onder andere hul betrokkenheid by Innibos, waarmee hul tans besig is en waar die konsepte agter hul musiekvideos vandaan kom.

Die reuse van Afrikaanse rock, Van Coke Kartel, het Saterdag 5 Julie, die Innibosfees behoorlik laat skud by die Coca-Cola Rockverhoog.

Muskiet het met die groep gesels oor hul betrokkenheid by Innibos en waarna hul by die fees uitsien. Die groep het ook verder uitgebrei oor hul nuwe enkelsnit, “Riviere” wat van hul webblad verniet afgelaai kan word.

Van Coke Kartel is ook bekend vir hul kreatiewe musiekvideos en idees met die groep wat die storie agter hul musiekvideo vir “Klein Wêreld (As SA jou wêreld is)” vertel.

Die groep het ook ‘n nuwe album in die pyplyn wat hul teen volgende jaar sal wil uitbring, volgens hoofsanger Francois van Coke.

Kyk gerus die volle onderhoud hieronder!

Back to top button