Barberton blink uit op die baan
Laerskool Barberton se hoof, mnr. Robert Naudé wens mnr. Wynand Viljoen van Nelspruit Primary en sy personeel baie geluk met die suksesvolle interlaer-atletiekbyeenkoms.

Die toekenning vir Laerskool Barberton se beste prestasie vir die dag het gegaan aan aan Bandile Mabuza met sy eerste plek in verspring en tweedeplek in die 100-meter in sy ouderdomsgroep.
Hy het ook ‘n derde in hoogspring behaal en sy span het tweede in aflos die gekom.

Daar is weinig kans vir al die skole om deur die jaar almal op een plek teen mekaar te kan deelneem en te kompeteer in ‘n sportsoort wat almal na aan die hart lê.
Atletiek is die een sport wat massa-deelname van die leerders bevorder. Kinders, ouers en onderwysers het die byeenkoms terdeë geniet en dit was ‘n voorreg om die atlete se pragprestasies te aanskou.
Laerskool Barberton sien uit na volgende jaar se byeenkoms by Laerskool Nelspruit.
Die toekenning vir Laerskool Barberton se beste prestasie vir die dag het gegaan aan aan Bandile Mabuza met sy eerste plek in verspring en tweedeplek in die 100-meter in sy ouderdomsgroep.
Hy het ook ‘n derde in hoogspring behaal en sy span het tweede in aflos die gekom.
Hier is die foto’s van die dag