
MBOMBELA – Me. Santi Britz het het verkragting oorleef. Haar storie is een van hoop. Sy het met Laevelder gesels tydens haar onlangse besoek aan die Laeveld. Santi was in Junie ‘n gas by die South African Council for Business Women se PJ’s and pillow talk aand.
Dit was 20 Januarie 2009. Santi het ontwaak toe sy haar kamerdeur gehoor oopgaan het. Daar was ‘n onbekende man in die kamer. “Na wie is u op soek?” het sy gevra. Sy antwoord het 30 minute van hel voorafgegaan. “Ek soek vir jou,” het hy gesê voordat hy haar twee keer verkrag het.
Nadat die man daar weg is, is die polisie ontbied. Vyf ure se polisie- en mediese ondersoeke het tussen Santi en ‘n
warm bad en skoon klere gestaan. Toe sy gevra is wat sy in daardie ure baie nodig gehad het, was haar antwoord: “Ek wou my liggaam van kop tot tone bedek. Soos wat ‘n mens met ‘n japon kan maak.”
Die oortreder is gevang en Santi het in die hof voor ‘n stampvol galery getuig oor wat met haar gebeur het. Die Landdros het beslis dat die verkragter skuldig was en hy dien lewenslange gevangenisstraf uit.
Vir Santi het die hel waardeur sy is die begin van talle inspirerende projekte beteken.
In hierdie video vertel sy meer:
Sy is betrokke by die skryf van ‘n beradersprogram wat diegene wat verkragtingslagoffers bystaan, se kennis sal verbreed. Hierdie sillabus word in samewerking met die Noordwes Universiteit geskryf.
Santi doen ook haar deel om japonne wat die draer van kop tot tone bedek – soos dié een wat sy wou gehad het ná wat met haar gebeur het – aan verkragtingslagoffers beskikbaar te stel. Dan is daar die IDuc, ‘n pragtige sagte speelding wat jong slagoffers troos. IDucs word by krisissentrums regoor die land aan verkragtingslagoffers uitgedeel om hulle te help troos.
Kliek hier en raak betrokke in die stryd teen verkragting.
Lees hier hoe ‘n plaaslike verkragter onlangs gevonnis is, danksy ‘n minderjarige se moedige getuienis.

iDUC.

