GalleriesSchools galleries

Solidariteit en NHS vier Wêreld Onderwysersdag

"Onderwysers gee ons kinders se drome vlerke." - Elize Visser.

MBOMBELA – Solidariteit Helpende Hand het Wêreld Onderwysersdag onlangs met ‘n groot verrassing gevier.

Die vereniging se Millicent de Wet, Elsabé Aylward en Elize Visser het Hoërskool Nelspruit se onderwysers met heerlike oliebolle en geskenkies bederf.

Die vroue het elkeen ‘n blom gekry, terwyl die mans met ‘n happie biltong bederf is. Hierdie internasionale herdenkingsdag word sedert 1994 wêreldwyd gevier.

Die skool se twee hoofleiers, Henrike Nel en Francois Esselen, het sleutelhouers aan elkeen van die onderwysers oorhandig.

“Baie dankie vir alles wat elkeen van u vir ons, die leerders van Hoërskool Nelspruit, doen,” het Henrike gesê. Die sleutelhouers, wat soos ‘n boom gevorm is, versinnebeeld volgens Henrike “groei”. “Dit is juis ons tema vir die jaar – groei.

“En ons bedank ons onderwysers, wat ons help groei.”

“Onderwysers gee ons kinders se drome vlerke. Baie dankie vir alles wat julle elke dag vir die jeug beteken,” het Visser van Solidariteit se kant af bygevoeg. Sy het bygevoeg dat Mbombela se Solidariteit Helpende Hand die siklus van armoede wil breek – iets wat ook deur goeie onderrig gedoen kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button