Juan Boucher live by die Plaashuis
Die makietie het omstreeks 19:00 begin en teen middernag het Boucher die aand afgesluit met ‘n groot opskop toe hy tussen die skare op die dansbaan gesing en gedans het
BURGERSFORT – Terwyl Juan Boucher verlede Vrydag by die Plaashuis opgetree het, het gaste tot die oggendure geskoffel en gelangarm op bekende treffers van hom soos “Bring die water”, “Trek toe die gordyne” en “Kalm voor die storm”.
Die makietie het omstreeks 19:00 begin en teen middernag het Boucher die aand afgesluit met ‘n groot opskop toe hy tussen die skare op die dansbaan gesing en gedans het.
Carla Oberholzer, ‘n oudinwoner en kunstenaar het terwyl Boucher asem geskep en fotosessies ingewerk het, opgetree.
“Hierdie konsert het oud en jonk op hul voete gehad. Dit was werklik baie lekker. Ek sien reeds uit na die volgende kuier by die Plaashuis” vertel Jané O’Neill, ‘n inwoner van Burgersfort.



