
WITRIVIER – Mnr. Jaco Weitz, Laerskool Witrivier se beheerliggaam-voorsitter, het gemeenskapslede gevra om op die uitkyk te wees vir ‘n man wat ‘n skootrekenaar uit die skool se biblioteek gesteel het.
Die voorval het tydens die skool se Pa- en Dogteraand op 21 Oktober plaasgevind en is op kamera vasgevang.
“Die skool se me. Aldorette Swart het ‘n skootrekenaar, wat sy as personeellid vir haar werk gebruik, in die biblioteek gebêre,” het hy gesê.
Terwyl die funksie aan die gang was, het ‘n man by die vertrek ingestap.
Geslote kringtelevisiemateriaal toon dat hy die vertrek goed bekyk het, tot agter die toonbank gestap het en die skootrekenaar uit die rakkie waar dit gebêre was, uitgehaal het.
Hy is volgens die skool se Facebook-blad in ‘n wit sedan daar weg.
“Die voorval is by die polisie aangemeld en die diefstal word ondersoek. Ons vra gemeenskapslede om op die uitkyk te wees vir die man wat op die videomateriaal verskyn, aangesien niemand nog in verband met die voorval aangekeer is nie,” het Weitz aan Laevelder gesê.
Me. Elizma Louw Maciej het op Facebook gesê dat sy na die voorval haar bedenkinge oor die skoolterrein se veiligheid het.
“Waarom is daar niemand in die vertrek nie? Bring veiligheidshekke aan,” het me. Tanya Swart voorgestel. Me. Sybil Gordon het bevestig dat daar wel sekuriteit op die skoolterrein was ten tye van die voorval. Dieselfde skool was onlangs in die nuus toe ‘n onderwyser daarvan beskuldig is dat hy ‘n leerling aangerand het.
‘n Interne ondersoek deur die beheerliggaam het nie tot ‘n skuldigbevinding teen die onderwyser gelei nie.
Hy word wel deur die polisie ondersoek en sal na verwagting op 11 November in die Witrivier Landdroshof verskyn.
Laptop thief caught on camera during school parent evening
WHITE RIVER – A laptop was stolen from Laerskool Witrivier’s library during a recent father and daughter evening.
The school urges members of the public to assist in identifying this individual that was caught on camera, stealing a laptop from the school library. More information will be published as it becomes available.
Lees ook: Laeveldse onderwyser deur polisie ondersoek na beweerde aanranding
Watch more videos and galleries here:

