Community galleriesGalleries

Kerkbasaar hou die dorp heel naweek gelukkig

Een van die gewildste gebeure op die dorp se kalender, die basaar van die NG Kerk-Suid het verlede naweek plaasgevind.

LYDENBURG – Een van die gewildste gebeure op die dorp se kalender, die basaar van die NG Kerk-Suid het verlede naweek plaasgevind.

Dit het reeds Vrydagaand met die optrede van Anna Davel, een van die land se voorste sangers, en ‘n lekker braai begin.

Die jonges van dae kon Vrydag ook aan ‘n koekversieringskompetisie deelneem.

Saterdagoggend is met ‘n ontbyt begin, waarna die stalletjies met alles te kus en te keur, waaronder outydse ware, kos, groente, lekkergoed, speletjies, perdry en gesigverf, geopen het.

Vir die kinders was die “Mini Warrior” ‘n groot uitdaging. Die basaar is Sondag met ‘n erediens en ete afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button