GalleriesSports galleries

Ratels kraai koning

Dit was ‘n tawwe stryd wat ondersteuners en spanbesture op die punte van hul stoele gehad het toe die Ratels van Ohrigstad en die Rooikatte se eerste span mekaar verlede Saterdag op Laerskool Ohrigstad se veld getakel het. Die Rooikatte het alles in die stryd gewerp om die wedstryd in hul guns te beklink, maar …

Dit was ‘n tawwe stryd wat ondersteuners en spanbesture op die punte van hul stoele gehad het toe die Ratels van Ohrigstad en die Rooikatte se eerste span mekaar verlede Saterdag op Laerskool Ohrigstad se veld getakel het.

Die Rooikatte het alles in die stryd gewerp om die wedstryd in hul guns te beklink, maar moes stert tussen die bene terugkeer huis toe met die Ratels wat met die wen weggestap het.

Die Rooikatte het eerste punte aangeteken en die druk was op die Ratels om ook op die telbord te kom. Beide spanne het alles uitgehaal en gewys, maar die Ratels was net een te veel vir die Rooikatte. Die eindtelling was 27-13 in die guns van die Ratels. Die spanne spook sake in die Laeveldse Burgemeestersliga uit. Die voorspeler van die wedstryd was Marco Marais en die agterspeler van die wedstryd, Liaan Prinsloo.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button