GalleriesSports galleries

Ratels Rugby

Die Ratels se kragmeting die afgelope naweek teen Malelane het tragies ten einde geloop deurdat hulle hul greep op ‘n oorwinning verloor het. Dit was ‘n harde tuiswedstryd wat deur brute fisiese kontak en talle beserings gekenmerk is. Teen rustyd was die telling 12-20 in Malelane se guns. Die Ratels het herfokus en die tweede …

Die Ratels se kragmeting die afgelope naweek teen Malelane het tragies ten einde geloop deurdat hulle hul greep op ‘n oorwinning verloor het. Dit was ‘n harde tuiswedstryd wat deur brute fisiese kontak en talle beserings gekenmerk is.

Teen rustyd was die telling 12-20 in Malelane se guns.

Die Ratels het herfokus en die tweede helfte met nuwe insigte aangepak. Hulle het uitstekend geskrum en dissipline getoon, maar hoewel hulle alles in die stryd gewerp het, kon hulle nie teen die manne van Malelane hond haaraf maak nie. Die eindtelling was 19-30 in Malelane se guns. Die voorspeler van die wedstryd was Stefan Vorster en die agterspeler, Hannes van Niekerk.

Die volgende wedstryd vind op 22 April teen Baberton op hul tuisveld plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button