Golf vir Jayden
Die geleentheid is ten bate van die Jayden Ross Rautenbach-fonds aangebied en die geld wat ingesamel is, gaan vir Jayden se mediese kostes en hospitaalrekening aangewend word.
“Enigiets vir klein Jayden.” Dit was die eenparige mening van die spelers wat Saterdag aan die Tubatse Chrome-gholfdag deelgeneem het.
Die geleentheid is ten bate van die Jayden Ross Rautenbach-fonds aangebied en die geld wat ingesamel is, gaan vir Jayden se mediese kostes en hospitaalrekening aangewend word.
Jayden, wat op 29 weke gebore is, het komplikasiese ervaar en was
84 dae lank in die pediatriese intensiewe-eenheid. Hy is nou tuis en sterk goed aan. Daar is egter nog uitstaande kostes en die Rautenbach-gesin hoop dat die fondse wat met die gholfdag ingesamel is, ‘n verskil sal maak.
Die gholfspelers op die baan was vuur en vlam vir die saak en het ruim tot die fonds bygedra.
Die gesin wil almal bedank wat deelgeneem en die dag prettig
gemaak het.