Lelievlei
LYDENBURG – ‘n Ongegronde gerug is besig om Lelievlei inwoners die josie in te maak. Verskeie stories oor ‘n inwoner wat glo aan ‘n oordosis dwelms gesterf het in dié deurgangskamp is volgens mnr. Frik Rousseau, direkteur van die kamp, glad nie waar nie. “Die man na wie verwys word bly al vir die afgelope …

LYDENBURG – ‘n Ongegronde gerug is besig om Lelievlei inwoners die josie in te maak.
Verskeie stories oor ‘n inwoner wat glo aan ‘n oordosis dwelms gesterf het in dié deurgangskamp is volgens mnr. Frik Rousseau, direkteur van die kamp, glad nie waar nie.
“Die man na wie verwys word bly al vir die afgelope vier maande nie meer in die kamp nie. Dit is egter waar dat hy verlede week aan ‘n oordosis dwelms in Johannesburg oorlede is, maar hy het geen bande meer met die kamp gehad nie.”
Dié man is slegs bekend aan die kamp as Riaan.
Rousseau meen dat daar geen drank of dwelms in die kamp toegelaat word nie. “Sulke gerugte doen skade aan die beeld van die kamp. Enige inwoner wat met drank of dwelms betrap word, word summier uitgesit. Ons veroordeel dit ten sterkste. Ons wil egter steeds ons meegevoel aan sy familie en vriende oordra.
Volgens Rousseau het verskeie persone hom al gevra indien Lelievlei nie bestaan het nie, wat van hierdie hawelose mense sou geword het. “My antwoord is altyd as volg; Baie kan suksesvol weer die werksmark betree, ander moet noodgedwonge toevlug vind onder bome en brûe soos baie haweloses in Lydenburg en ander arty pleeg selfmoord soos in hierdie geval.”
