NELSPRUIT – Ten einde laaste nuwe huurooreenkomste met Maggiesdal-inwoners op te stel, het Mbombela onlangs met hul opnames begin.
Die munisipaliteit dreig al vir 'n geruime tyd om bestek van die eiendom op hul plaas te neem. Mbombela het al in 2011 die plaas met die eiendom op, aangeskaf. Volgens die munisipaliteit het hulle sedertien nie nuwe ooreenkomste met bestaande huurders aangegaan nie.
Dié langverwagte opname het op 12 November begin en sou na verwagting drie dae neem.
Mnr. Joseph Ngala, woordvoerder van die munisipaliteit, het verlede week bevestig dat die opname afgeskop het, nadat inwoners van die werk af gekom het. Die uitslag van die opname sal bepaal watter skade daar aan die eiendom is, om so nuwe ooreenkomste met die huidige huurders aan te gaan.
Nelspruit Post het die afgelope paar maande berig dat sekere inwoners deur die munisipaliteit kennis gegee is om uit hul huis te trek, omdat daar glo strukturele skade aan die gebou was. Hulle het op 9 November verhuis.
