EntertainmentLifestyleLocal newsNews

‘n Opskop van formaat by Maroela Makiti

Die eerste Maroela Makiti, 'n geleentheid met 'n groter ambisie as die voorheense Maroelafees, het op 31 Januarie en 1 Februarie in Nelspruit plaasgevind.

NELSPRUIT – Nie eens die bloedige hitte van die afgelope naweek kon ‘n demper op die jolyt by die Laeveld se eerste volwaardige Maroela Makiti plaas nie.

Die sowat 8 000 feesgangers het die kuiertente volgepak, met vermaak wat die Vrydagaand deur Jannie Moolman, DJ Ossewa, Riana Nel en Snotkop verskaf is.

Dit was veral DJ Ossewa en Snotkop wat die skare behoorlik op hul voete gekry het.

IMG_0243 (Small)

Tussendeur het die verkope van allerlei maroelaprodukte flink geskied, met veral die geurige maroelablatjang en brandrissiesous wat groot aftrek geniet het.

Daarmee saam het ‘n sopie maroelalikeur die unieke smaaksensasie behoorlik afgerond. Daar is ongeveer 1,2 ton se maroelaprodukte oor die loop van die fees verkoop.

Stalletjies met handgemaakte skoene, klere, jagtoerusting, speelgoed, en versiergoed het gesorg vir afleiding van die jolyt by die speelpark deur Happyland Pretpark waar kinders, en ‘n paar ouers, hulself gate uit geniet het.

Bianca Swift.
Bianca Swift.

Sien die talle fotogalerye hier.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button