CrimeHard newsNewsNews

Victor Wilkens erken hy is dwelmafhanklik

Intussen is Joubert nou al 42 dae in Mediclinic Nelspruit se intensiewe sorgeenheid. Sy word hopelik binnekort ontslaan en sal dan na 'n rehabilitasiesentrum geneem word waar sy intensiewe terapie sal ondergaan

NELSPRUIT – Victor Wilkens se borgaansoek het gister in die plaaslike distrikshof begin. Hy word aangekla van poging tot moord nadat me. Amanda Joubert van sy woonstel se balkon geval het op 16 Januarie.

Hy is al etlike weke in aanhouding en sal nou ook die naweek agter tralies moet deurbring aangesien sy borgaansoek tot Maandag uitgestel is.

Die staat voer aan dat Wilkens (30) van ‘n skedule 5-misdaad aangekla word, wat beteken dat sy regsverteenwoordiger, mnr. Coert Jordaan, sal moet bewys dat dit in die belang van geregtigheid is dat hy op borg vrygelaat moet word.

Jordaan het op sy beurt ‘n vorige berig van Laevelder aangehaal en verwys na die feit dat Joubert glo niks van die voorval kon onthou nie. Volgens hom het die staat dus nie ‘n sterk saak nie en is dit nié ‘n skedule 5-misdryf nie.

Hy het egter later gesê dat hy sal voortgaan asof dit moontlik ‘n skedule 5-misdaad kán wees. Baie persoonlike brokkies oor Wilkens is tydens die borgaansoek bekendgemaak.

Hy was ‘n leerder van Lowveld High en Flamboyant, ‘n skool vir kinders met leerprobleme, en het slegs st. 7 voltooi. Hy gebruik Azor vir aandagafleibaaarheidsindroom, hoewel hierdie medikasie eerder gebruik word om angssteurnisse te behandel.

Wilkens het ook erken dat hy dwelmafhanklik is en in Engeland skuldig gepleit het op klagtes van die besit van kokaïene en ecstacy. Hy het verder beweer dat hy en Joubert (23) die aand van die voorval die dwelmmiddel Cat gebruik het.

Intussen is Joubert nou al 42 dae in Mediclinic Nelspruit se intensiewe sorgeenheid. Sy word hopelik binnekort ontslaan en sal dan na ‘n rehabilitasiesentrum geneem word waar sy intensiewe terapie sal ondergaan.

• Lees die volledige storie in die volgende uitgawe van Laevelder

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button