
BADPLAAS – Gedurende die vroeë ure van Donderdagaand, is oud Barbertonner, Liza Minnaar en haar lewensmaat, Riaan Botha, op hul plaas net duskant Badplaas oorrompel en aangeval.
Volgens ‘n vriend van die gesin, het Minnaar ‘n skietwond opgedoen wat skade aan haar lewer en een nier aangerig het en Botha is blykbaar baie erg aangerand, maar andersins ongedeerd.
Die paartjie, beide in hul laat 40’s is welbekend in Barberton.
Minnaar is tans in die intensiewe sorg eenheid in Medi-Clinic Nelspruit en sover ons kon vasstel in ‘n stabiele toestand.
Barberton Times sal verslag gee sodra meer feite aan die lig kom.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
