
BRONDAL -Die egpaar wat Sondagaand in hulle huis oorval is het nie beserings opgedoen nie en die rowers het op vlug geslaan met heelwat buit, insluitende ‘n haelgeweer.
Die verdagtes het toegang verkry deur die heining se drade te knip.
Mnr Hendrik Botha van J&M Sekuriteit maan inwoners om smiddae so vroeg as moontlik alle deure en vensters te sluit en alarmstelsels te aktiveer. Hy sê dat honde steeds ‘n goeie afskrikmiddel is.
Sers. Gerald Sedibe van die SAPD het die voorval bevestig. Die drie verdagtes is almal skraal, een is lank en twee kort. Daar is sekere items by die huis agtergelaat wat dalk kan help in die uitkenning van die skuldiges.
Lees meer in Laevelder van Maart 11.
