CrimeNews

Brondal egpaar in huis oorval

Gemeenskap beleef hul eerste plaasaanval vir die jaar toe die Odendaal-egpaar Sondag deur drie mans beroof is.

BRONDAL – Hierdie gemeenskap het die eerste plaasaanval vir 2014 beleef toe die Odendaal-egpaar Sondag deur drie mans beroof is.

Volgens mnr. Hendrik Botha van J&M Sekuriteit is mnr. Val Odendaal om 22:15 deur ‘n geluid by ‘n venster gesteur. Hy het aanvanklik gedink dat dit die wind is wat dit toewaai. Odendaal het een van die rowers wat reeds besig was om daardeur te klim, betrap. Die diewe het toegang verkry deur die diefwering te breek.

Odendaal is met ‘n mes gedreig, en nadat nog twee mans, waarvan een gewapen was, deurgeklim het, is me. Odendaal vasgebind en in die badkamer toegesluit.

Die rowers het toegang tot die kluis gesoek en ‘n haelgeweer en ammunisie, ‘n televisiestel, kamera, skoot- en werkstasie-rekenaar gebuit.

Volgens Botha was beide die SAPD en ER24 spoedig op die toneel. Die egpaar is egter nie beseer nie.

Die rowers het toegang verkry deur die heining se drade te knip.

Botha maan inwoners om smiddae so vroeg as moontlik alle deure en vensters te sluit en alarmstelsels te aktiveer. Hy sê dat honde steeds ‘n goeie afskrikmiddel is.

Sers. Gerald Sedibe van die SAPD het die voorval bevestig. Die drie verdagtes is almal skraal, een is lank en twee kort. Daar is ook reënjasse deur die rowers agtergelaat.

Hierdie aanval volg kort op soortgelyke voorvalle in die nabygeleë Heidel-vallei. Laevelder het oor die aanval op Roger Fisher and Frank Gaylard op 25 Februarie berig. Dit het om 23:30 plaasgevind nadat rowers ‘n slot van ‘n deur oopgebreek het. Vier verdagtes het met ‘n Corsa-bakkie gevlug. Fisher en Gaylard het hulself losgewikkel en hulp by bure gaan soek. Die buurman se seun kon een van die “slim” toestelle wat gesteel is, traseer. Sodoende, met die bystand van die SAPD, is die gesteelde voertuig gevind. Een verdagte is ook in hegtenis geneem en ‘n ander is in die hospitaal na ‘n skietvoorval met polisielede opgeneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button