CrimeNewsNews

Inbrekers saai verwoesting by Lydenburg Gholfklub

LYDENBURG – Inbrekers het laasnag verwoesting gesaai by Lydenburg se gholfklub en met duisende rande op die vlug geslaan. Volgens die klubbestuurder, mnr Sybrandt de Fortier, het die alarm omstreeks 01:00 afgegaan waarna die sekuriteitsmaatskappy, CCS, na die toneel gehaas het. Volgens de Fortier het die maatskappy niks gewaar nie. Toe de Fortier egter vanoggend …

LYDENBURG – Inbrekers het laasnag verwoesting gesaai by Lydenburg se gholfklub en met duisende rande op die vlug geslaan. Volgens die klubbestuurder, mnr Sybrandt de Fortier, het die alarm omstreeks 01:00 afgegaan waarna die sekuriteitsmaatskappy, CCS, na die toneel gehaas het. Volgens de Fortier het die maatskappy niks gewaar nie. Toe de Fortier egter vanoggend by die werk arriveer, het hy onmiddellik onraad vermoed toe hy die alarm wou deaktiveer. “Ek het gesien die venster is oop toe ek die winkel binnestap en met nadere ondersoek besef hulle het ingebreek”, vertel de Fortier. Daar is veral beslag gelê op skoene, pette en hemde asook drank. Indien enige iemand enige inligting hieroor het kan Sybrandt of Marlise gekontak word by 071-140-1418 of 083-233-3639. Lees die volledige artikel in volgende week se uitgawe.

Maart 030

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button