
SKUKUZA – Februarie was nog nie eens verby nie toe is daar is al 146 renosters gestroop – ‘n gemiddeld van 2,4 ‘n dag. Die mees onlangse syfer op Maart 20 het gestaan op 172 waarvan 113 in the Nasionale Krugerwildtuin.
Veldwagters, weermagsoldate en polisiemanne werk onverpoos om stropers aan die pen te laat ry en het al 44 verdagtes aangekeer – 20 in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) en 10 in KwaZulu-Natal.
Daar is al 95 renosters in die NKW vir hul horings afgemaai; 14 in Noordwes; 14 in Limpopo, 10 in KwaZulu-Natal en ‘n verdere ses in private reservate in Mpumalanga. Mense word versoek om voorvalle van stroping en inligting by 0800-205-005; 08600-10111 of 32211 aan te meld.
Lees meer oor die nuutste renosterwesies vanuit die NKW hier.
