CrimeNewsNews

Bossies Community Justice is steeds op hul pos

Bossies Community Justice het gedurende die week twee mense gearresteer en is op die uitkyk vir twee inbrekers.

Die afgelope week het Bossies Community Justice (BCJ) drie misdaadvoorvalle gehad en twee mense is gearresteer.
Maandag is ‘n tienerseun wat vir die derde keer van die huis af weggehardloop het deur BCJ aangekeer. Dieselfde dag is ‘n onwettige Mosambiekse man op die Sabie/Lydenburg-pad gearresteer.
Donderdag was daar twee huisbrake in die vroë oggendure in ‘n sekuriteitskompleks in Maroelastraat. Twee mans het deur oop vensters met diewering geklim, ‘n vrou aangehou met ‘n mês en haar selfoon, skootrekenaar en kontant gesteel. Die mans het by ‘n ander huis ook ingebreek waar hulle ‘n iPad, selfoon, skootrekenaar en kontant gesteel het.
Die mans het soos blits met ‘n voertuig wat soos ‘n Kia Picanto gelyk het weggery en was al twee strate weg toe BCJ en Hi-Tech Security Nelspruit hul gemerk het.
Niemand is in die voorvel beseer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button