CrimeHard newsNewsNews

Berugte panga-groep roof enkellopende vrou in huis

Dieselfde groep wat verantwoordelik is vir talle aanvalle in die stad, hou 'n vrou in haar huis aan terwyl hulle haar beroof.

MBOMBELA – Mans wat met pangas en ‘n geweer gewapen is, het hulself in ‘n enkellopende vrou se huis in Riverside ingelaat terwyl sy in die badkamer was, en hulself tot haar besittings gehelp.
Kapt. Dawie Pretorius van Mbombela SAPD sê die verdagtes is dieselfde groep wat die stad al vir weke lank met pangas teister.
Donderstorms het Maandag omstreeks 21:00 begin en die vrou, wie se naam nie bekend is nie, het glo uit haar huis geloop om die kussings van haar stoepmeubels te verwyder sodat dit nie natreën nie.
Volgens Pretorius het sy terug in die huis geloop en die skuifdeur oopgelos terwyl sy gou badkamer toe is. Toe sy klaar is en die deur oopmaak, het drie gewande mans in haar gang gestaan – twee met pangas en een met ‘n 9mm-pistool.
Die boewe het haar TV, selfoon en juwele gevat terwyl hulle haar aangehou het. Sy het saamgewerk en is nie in die proses beseer nie.
“Ons is kort op hulle spoor,” sê Pretorius. “Daar is ‘n taakspan aangewys om hulle vas te trek. Ek het geen twyfel dat ons hulle binnekort sal vang nie.”
Verdere inligting oor die voorval sal nog bekendgemaak word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button