CrimeHard newsNewsNews

Victor Wilkens se borg vandag verleng tot Maart

Wilkens sal in Maart weer in die hof verskyn sodat 'n verhoordatum in die saak teen hom vasgestel kan word.

MBOMBELA – Mnr. Victor Wilkens (31), wat van poging tot moord op sy voormalige meisie, me. Amanda Joubert tereg staan, het vanoggend vlugtig in die Nelspruit Streekshof verskyn.

Joubert (23) het op 16 Januarie 2014 van sy woonstel in Hillside Manor se balkon afgeval en het ernstige breinbeserings en frakture opgedoen.

Die voorval is verder deur die polisie ondersoek en Wilkens is daarna in Noupoort, ‘n rehabilitasiesentrum vir alkohol- en dwelmverslaafdes deur die polisie op Colesberg gearresteer. Hy is na Mbombela gebring waar hy in aanhouding gebly het totdat borgtog op 3 Maart verlede jaar aan hom toegestaan is.

Hierdie borgtog is vandag verleng tot 23 Maart vanjaar hangende die vasstel van ‘n verhoordatum in die saak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button