MBOMBELA – Mnr. André Laubscher, vermeende swendelaar en oubekende in die stad se rugbykringe, het voorverlede Dinsdag weer in die Nelspruit Landdroshof op klagtes van diefstal verskyn. Sy verskyning was vlugtig en die saak is uitgestel na 11 Mei wanneer die verhoor na verwagting sal begin.
Laevelder het vroeër berig dat hy op 12 Februarie by ‘n gastehuis in Mbombela gearresteer is nadat twee lasbriewe vir sy inhegtenisname vroëer die maand uitgereik is.
Laubscher is aanvanklik op 10 Junie 2011 gearresteer en twee keer van diefstal aangekla waar beide klagtes, volgens provinsiale polisiewoordvoerder sers. Gerald Sedibe, met die koop en verkoop van voertuie verband gehou het. “Nadat die diefstalsake teen Laubscher hierdie jaar weer in die Nelspruit Landdroshof aanhangig gemaak is, het Laubscher glo die klaer en ondersoekbeampte in een van die sake geïntimideer.”
Volgens Sedibe het hy telefoniese dreigoproepe aan die klaer en ondersoek-beampte gemaak wat tot nog klagtes teen hom – dié van intimidasie en naamskending – gelei het.
Lees ook Bekende in die hof op verskeie klagtes
André Laubscher vandag in die hof
