CrimeHard newsNewsNews

Diere betaal nou ook vir misdaad

Diere ly ook nou onder misdaad. Die vyf maande oue worshond van Johan Kemp is in Waterbokstraat vergiftig toe diewe toegang tot sy perseel verkry het om sy kwadfiets te steel.

KOMATIPOORT – Diere ly ook nou onder misdaad. Die vyf maande oue worshond van Johan Kemp is in Waterbokstraat vergiftig toe diewe toegang tot sy perseel verkry het om sy kwadfiets te steel. Die bure se troetelkat het ook van die gif ingekry en is ook dood.

Volgens Johan is die fiets deur die loop van die nag gesteel ten spyte daarvan dat sy hek gesluit was. Dit het verlede Vrydagnag gebeur en hy het eers die Saterdagoggend daarvan bewus

geword toe hy sy dooie troeteldier gekry het. Johan het die plaaslike polisie

ontbied wat binne 15 minute op die toneel was. Sarel du Plessis van Securicor, ‘n vriend van Johan, het saam met die polisie opgedaag en ten spyte daarvan dat Johan nie eers aan Securicor behoort nie, het Sarel sy kwadfiets net voor 10:00 dieselfde oggend weer by sy huis afgelaai.

Die fiets is agter die Komatipoort- kliniek in die bosse gevind, asook al die onderdele wat reeds gestroop was. Twee Ovambo-spoorsnyers is ingespan om die fiets te vind. Dit is intussen weer aanmekaar gesit.

Ten spyte van die hartseer oor die diefstal, is dit goed om te weet dat daar mense in ons kontrei is wat nie huiwer om hulp aan te bied nie.

Geen arrestasie is tot dusver gemaak nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button