CrimeHard newsLocal newsNewsNews

Hierdie man se hofverskynings sorg vir groot vermaak

Sy regsverteenwoordiger het maar op haar plek bly sit toe hy skalks aankondig dat hy alweer in die moeilikheid is.

MBOMBELA – Mnr. André Brand wat aangekla word vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen nadat hy vroeg vanjaar skote op sy buurman se aanvallers geskiet het, het vir ‘n paar komiese oomblikke tydens sy hofverskyning verlede week gesorg.

Sy regsverteenwoordiger het maar op haar plek bly sit toe hy skalks aankondig dat hy alweer in die moeilikheid is.

Brand het vroeër aan Laevelder vertel dat hy die ongelisensieerde vuurwapen gebruik het om ‘n waarskuwingskoot af te vuur toe sy bure se huishulp by hom kom aanklop het. “Sy het gille in hulle huis gehoor terwyl drie mans besig was om hulle te beroof. Ek het die .22 gaan haal en gesien hoe die drie met my bure, die Cronjé’s, se voertuig uit die erf ry.” Die rowers het twee skote in sy rigting afgevuur. “Ek het een waarskuwingskoot in die lug afgevuur, waarna hulle uit die voertuig gespring en gevlug het.”

Brand het vlugtig op 27 Februarie in die hof verskyn en moes Dinsdag terugkeer. “Good morning, my beautiful lady. I’m always in trouble as usual,” het hy die landdros, me. Faith Mahlale begroet. Mahlale wou weet waarom hy kwansuis altyd in die moeilikheid is.

“Is it your temper? Do you have one?” Brandt het kalm geantwoord: “No, your worship, it just seems as if I’m always on the wrong side of the law.” Hy het ‘n regshulpraadprokureur, waarna Mahlale verwys, gevra: “Is this beautiful woman your attorney?”

Brandt het egter met ‘n vinger na iemand anders beduie en geantwoord: “That young woman is my attorney.”

Die saak teen hom is vir verdere ondersoek tot 30 April uitgestel. Hoewel hy vroeër ‘n hofverskyning misgeloop het omdat hy en die landdros verskillende hofdatums in hul dagboeke aangeteken het, is Brandt nie meer hieroor in die sop nie.

Hy het kennis geneem van die terugkeerdatum vir die saak en het die hof verlaat met ‘n vriendelike: “Thank you very much, enjoy your day. Bye.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button