Hard newsNewsNews

Vergiftiging van honde steek weer kop uit

Die naam "Two-step" verwys juis na hoe vinnig dit in werking tree. Hierdie gifstof, wat aanvanklik vir landbou bedoel is, word nou as 'n magtige wapen gebruik om honde stil te maak - meestal voor 'n inbraak.

WITRIVIER – ‘n Teelepel Temik, of beter bekend onder sy straatnaam as “Two-step””, is genoeg om ‘n uitgegroeide renoster van kant te maak, terwyl slegs ‘n milligram voldoende is om ‘n rot of klein gedierte te vergiftig.

Die naam “Two-step” verwys juis na hoe vinnig dit in werking tree. Hierdie gifstof, wat aanvanklik vir landbou bedoel is, word nou as ‘n magtige wapen gebruik om honde stil te maak – meestal voor ‘n inbraak.

Dr. Reynier Oelofse van Casterbridge Dierehospitaal sê dat dit dikwels gebeur dat diere nog met onverteerde kos in hul maag by die hospitaal aankom, wat weereens die vernietigende uitwerking van die middel bewys.

Talle gevalle van vergiftiging is weer die afgelope tyd aangemeld en dr. Jana Ehlers van Witrivier Dierehospitaal sê dat dit gewoonlik oor ‘n periode van ‘n week of ‘n maand plaasvind, maar is glad nie aan enige vaste tendense gekoppel nie. Gebiede wat gewoonlik geraak word, sluit die buitewyke en/of grense van die dorp in. Een huis is ook nie gewoonlik die enigste teiken nie.

As die vergiftigde diere nie binne ‘n halfuur tot 45 minute mediese hulp ontvang nie, kan dit te laat wees. Tekens sluit braking, uitermatige speekselvloei, skuim om die mond, spiersametrekkings en abnormale pupilgrootte in.

Sodra hierdie simptome opgemerk word, moet die dier so spoedig moontlik na ‘n veearts geneem word.

Eienaars kan self probeer om die hond te laat braak deur seep in die keel af te dwing, waarna die dier steeds vir behandeling moet gaan.

Dié gif word dikwels in vleis geplaas. Temik kom gewoonlik in ‘n swart granulevorm voor. “Inwoners van Witrivier moet in hierdie volgende week of wat versigtig wees,” maan Oelofse.

Ehlers voeg by dat motors, veral bakkies, nie in sig gelaat moet word nie. Hierdeur kan dit verhoed word dat jy ‘n teiken word. Maniere om honde op te lei om nie kos van vreemdelinge te aanvaar nie, word sterk deur dokters aanbeveel.

Met behandeling, wat wissel van R500 to R1 500, is die oorlewingsyfer tussen 50- en 75 persent.

Troeteldiereienaars word aangemoedig om vir ‘n tydperk diere binne-in die huis of in die agtererf te hou. Dit word ook ten sterkste aanbeveel dat honde saans gevoer word om te verhoed dat hulle vergiftigde kos sal eet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button