Hard newsNewsNews

Inwoners raadop na rioolrivier op hul eiendom ontstaan

Inwoners van 'n kleinhoewe buite die dorp was onlangs radeloos nadat daar vir vier dae 'n rivier van riool op hul eiendom gevloei het.

Volgens hulle het riool op Vrydagoggend 12 Junie by ‘n mangat begin uitspuit en van hul makadamias is saam met die stroom heen. Hulle het Witrivier se munisipale kantore geskakel en is belowe dat iemand nog dieselfde dag uitgestuur sou word.

Hulle het later daardie dag die kantore besoek, maar kon geen hulp kry nie.

Die volgende dag het hulle selfs die brandweer gebel. Daar het ‘n paar werkers opgedaag, maar hulle het nie geweet wat om te doen nie.

Na vele oproepe Sondag en Maandagoggend, het hulle raadslid, me. Trudie Grove-Morgan geskakel. Sy het dadelik ook ‘n paar oproepe gemaak en ‘n uur later was daar munisipale werkers op die toneel.

Dit blyk dat die riool na ‘n nuwe lyn oorgeskakel is, maar dat dit nie in staat was om die lading te dra nie. Die inwoners vertel dat ‘n onafhanklike ingenieur van Pretoria by hulle inspeksie op die lyn kom doen het.

Hy het bevind dat daar gate in die rioolpyplyn is en dit dus nie in ‘n werkende toestand is nie.

Daar is navrae aan die munisipaliteit gestuur rakende die kwessie van die rioolrivier, maar daar is geen terugvoer ontvang nie. Kyk na ‘n video van die rioolrivier hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button